Saftu het geen vertroue in Zim se verkiesings nie

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy het geen vertroue dat die algemene verkiesing in Zimbabwe vry en regverdig sal wees nie. Daar was berigte van geweld in aanloop tot die verkiesing; die kiesersrol word bevraagteken; en die Zimbabwiese verkiesingskommissie weier om hervormings waarop die opposisiepartye aandring, in te stel. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê verkiesingsveldtogte is ontsier deur voorvalle in gebiede wat verbode verklaar is vir teenstanders van die regerende Zanu-PF-party: