Saftu eis dat groenskrif weer ingestel word

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, eis die herinstelling van die groenskrif vir die omvattende hervorming van maatskaplike sekuriteit en aftrede. Die buurland se minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het die groenskrif Dinsdag onttrek. Vakbonde is sterk gekant teen die voorstel dat alle werknemers verplig word om agt tot tien persent van hulle kwalifiserende jaarlikse inkomste tot op 276 000 Suid-Afrikaanse rand, tot ‘n staatsbeheerde nasionale maatskaplike sekuriteitsfonds by te dra. Trevor Shaku sê die groenskrif was ‘n reuse-stap in die regte rigting: