Sacky sal self sy prokureur moet betaal

Die regering het die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala se aansoek om regshulp afgekeur. Shanghala, een van die Fishrot-beskuldigdes het die kantoor van die prokureur-generaal gevra om of sy regshulp te betaal of iemand vir hom aan te stel. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka sê die besluit is reeds aan Shanghala gekommunikeer. Hy wou nie redes verskaf oor hoekom die aansoek van die hand gewys is nie. Shanghala, wat sedert November 2019 in aanhouding is, se bates is gevries. Dit sluit sy bankrekenings in.