SABC-werkers kry 6% verhoging

Die Kommunikasiewerkersvakbond in die buurland het ʼn ooreenkoms vir ʼn loonverhoging van 6 persent met die SABC onderteken. Die vakbond het aanvanklik ʼn verhoging van 9 persent geëis terugdateer tot een April verlede jaar. Hy het gedreig om die verkiesing te ontwrig as die sukkelende openbare uitsaaier nie aan sy eise voldoen nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het ingegryp en ʼn ooreenkoms is bereik. Die uitsaaivakbond, Bemawu het die loonooreenkoms in Februarie onderteken. Die SABC het verlede jaar ʼn verlies van 1,13 miljard Suid-Afrikaanse rand gely.