Saara se streeksbesoek lagwekkend, haar uitsprake, kommerwekkend

Die PDM se skadu-minister van finansies, Nico Smit het gereageer op die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila se verklaring oor haar streeksbesoeke die afgelope tyd, en kommentaar wat sy gemaak het. Volgens Smit is dit lagwekkend. Hy sê sy is agt jaar reeds premier, en vra is dit dan haar eerste keer op die plekke in die land.

Smit sê haar uitlatings oor pensioenfondse en bankfondse wek baie groot kommer. Hy sê ook haar aanmerkings is op band vasgelê en dus kan sy dit nie ontken nie.