Saara sê sommige sektore het herstel getoon

Ekonomieë regoor die wêreld het ‘n erge knou gevat tydens die pandemie, en Namibië is nie gespaar nie. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila het by vanoggend se Covid-perskonferensie die kwessie aangespreek en gesê sommige sektore toon herstel.