Saara: Ander lande raak ryk uit Namibiese diamante

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens ‘n besoek vandag aan Namib Desert Diamonds, Namdia, gesê Namibië moet waarde verseker vir sy natuurlike hulpbronne aangesien die land ‘n groot produsent van topgehalte-diamante op die wêreldmark is. Sy sê Namibië het die kapasiteit ontwikkel om verskeie produkte te myn, verwerk en te vervaardig. Die premier sê  daar is lande wat nie diamante produseer nie, maar welvarend is omdat hulle ongeslypte diamante van Namibië koop, dit verwerk en werk en inkomste vir hul lande skep en dit dan aan Namibiese burgers terugverkoop. Sy is op haar besoek aan Namdia vergesel deur minister van myne en energie, Tom Alweendo.