Silicon Valley-ineenstorting: Aanspreeklikheid is volgende stap sê Biden

Amerika se president, Joe Biden, sê die Amerikaanse bankstelsel is veilig. Dit volg nadat die Silicon Valley Bank, wat daarin spesialiseer om aan tegnologie-maatskappye geld te leen, die naweek ineengestort het, ná ‘n skielike vlaag onttrekkings. Dit is gevolg deur die New York-gebaseerde Signature Bank se ineenstorting. Die federale regering het ingegryp en fooie, wat banke aan die regering betaal, gebruik om alle deposito’s by die bank te waarborg sodat alle rekeninghouers hul geld kan terugkry. Biden sê hy sal daarna streef om dié wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou, en hom beywer vir beter toesig en regulasies by groter banke: