Saak van soldaat wat blykaar vrou moedswillig met MIV besmet, uitgestel

Die saak van ‘n soldaat wat van poging tot moord aangekla word omdat hy na bewering vyf jaar gelede ‘n slagoffer doelbewus met MIV besmet het, sal op die derde van volgende maand in die Landdroshof in Pretoria hervat word. Dis uitgestel nadat die beskuldigde se regsverteenwoordiger blykbaar in ‘n motorongeluk was. ‘n Woordvoerder van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, Natasha Venter, sê hulle hou die saak namens die slagoffer dop. Die beskuldigde én die klaer was tydens die voorval lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.