Saak van moord en selfmoord by Otavi ondersoek

Die Namibiese polisie van Otavi ondersoek ‘n vermoedelike moord en selfmoord nadat die liggame van twee veiligheidswagte by ‘n plot van die dorpsraad gevind is. Die twee mans is deur familielede geïdentifiseer as die 37-jarige Eliakim Shuuya en die 45-jarige Erastus Mateus. Na bewering was die twee in ‘n  bakleiery betrokke voor Shuuya se liggaam by die hoofhek van die plot gevind is, en Mateus se lyk in die motorhuis gehang het. Sake van moord en selfmoord is by die Otavi-polisiestasie geopen.