Saak van Arandis bankbestuurder en haar toordokter afgehandel

Die saak van die Arandis bankbestuurder wat 800 000 Namibiese dollar in kontant by haar werkgewer gesteel het en onder ‘n brug vir ‘n toordokter met die naam Mama Lala gelos het, is afgehandel met Engelborg Strauss wat agt jaar agter tralies sal spandeer. Sy het in totaal 1,6 miljoen dollar by die bank gesteel vir dienste van die toordokter. Van die geld is in haar medebeskuldigde Amalia Akwaake se rekening in betaal. Akwaake se saak word apart hanteer en sy is steeds vry op borg met haar saak wat tot volgende maand vir regshulp uitgestel is. Strauss het getuig dat sy gehoop het dat Mala Lala haar met finansiële uitdagings kan help en daarom het sy die geld gevat. Landdros Vicky Nicolaidis het in haar uitspraak gesê dat die hof simpatiseer met Strauss se uitdagings en dankbaar is vir haar eerlikheid maar, dat die bank die werklike verloorder in die saak is omdat geen van die geld teruggevind is nie.