Saak oor Covid-spuit vlugtig weer vanoggend in die hof

Die saak waar die Health Defence League, onder leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, dagvaar oor die Covid-inenting, kom vandag vlugtig voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula voor. Die partye vra vir ‘n verdere vier weke en vra dat die saak tot 18 April uitgestel word. Wucher, saam met ander aansoekers, eis bewyse dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hulle vra ook dat die vrywaring wat lede van die publiek onderteken het, ter syde gestel word, en ook, dat vrae wat spesifiek deur Wucher gevra is in sy stukke, beantwoord word. Die ministeries van gesondheid en onderwys, sowel as die Namibiese regering, die Medisyne Regulerende Raad en die prokureur-generaal is as respondente gelys.