Trump vaar, soos verwag, teen DeSantis in Iowa uit

Oudpresident Donald Trump het Iowa besoek, na Florida-goewerneur Ron DeSantis se besoek aan die deelstaat. Dinge in die Republikeinse-party raak warm en daar word verwag dat DeSantis binnekort sy kandidaatskap vir die party se presidensiële kandidaat sal aankondig. Iowa is uiters belangrik in die wedloop omdat hy eerste stem vir die verkose kandidaat wat die party in die 2024-verkiesings sal verteenwoordig. En Trump is haaks met DeSantis. Die twee was vroeër jare na aan mekaar maar, Trump is vies vir DeSantis omdat hy meen hy wat Trump is, het DeSantis se politieke loopbaan gemaak en DeSantis gee geen krediet daarvoor nie. En soos verwag het Trump DeSantis skerp gekritiseer – nogal oor biobrandstof en maatskaplike beskerming.