Saadprojek vir gene-bank van stapel gestuur

Die Namibiese omgewingsministerie gaan vanmiddag ‘n gemeenskapsaadbank-projek by die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut in die hoofstad van stapel stuur. Die projek het ten doel om ‘n gene-bank vir boere te vestig om voedselsekerheid tydens klimaatsverandering te verseker. Gemeenskapsaadbanke bied ‘n lae koste en lae tegnologie-stelsel vir saadbestuur in landelike gemeenskappe.