SA20: Sunrisers bespreek hul plek

Krieket: Die verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, het hulle plek in die SA20-uitspeelronde verseker na ʼn bonuspunt-oorwinning van nege paaltjies oor die Joburg Super Kings op die Wanderers. Dan Worrall van Australië het drie paaltjies laat kantel en die tuisspan is op net 78 almal uit. Die Sunrisers het daarna gemaklik lopies aangeteken met die Engelse paar, Dawid Malan en Tom Abell, wat op die tweede paaltjie ʼn onoorwonne 50-lopie-vennootskap behaal het. Worrall sê hulle het ʼn veelsydige span wat hulle in ʼn goeie posisie in die kompetisie plaas: