Kapofi sê oor tweede handgranaat sterfte

‘n 15-jarige seun is die nuutste slagoffer wat gesterf het nadat hy ‘n granaat by die riooldamme by Eenhana opgetel en dit met ‘n stok geslaan het. Die granaat het ontplof en hy is op slag dood. ‘n Pa in die Zambezi-streek het ook onlangs ‘n handgranaat opgetel en dit by die huis met ‘n tradisionele byl gekap. Die handgranaat het ontplof en die pa en sy drie jong kinders is ernstig beseer. Kosmos 94.1 Nuus het met verdediging-minister Frans Kapofi gesels, wat sê hulle beklemtoon oor en oor dat mense sulke voorwerpe moet rapporteer wanneer dit gevind word.