SA was goed by Grammys verteenwoordig

Die buurland se kultuurminister, Zizi Kodwa, het die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Tyla gelukgewens met haar eerste Grammy-toekenning. Die 22-jarige het in die nuwe kategorie, Beste Afrika-musiekuitvoering gewen met haar groot treffer, Water. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Suid-Afrika het sterk verteenwoordiging gehad by die Grammys, met Trevor Noah wat vir ‘n vierde keer gasheer was én benoem is die vir Beste Komedie-album, terwyl die a-capella-groep, Just 6, én Musa Keys ook benoem is: