Botswana se Masisi eerste om aan te kom

Botswana se president Mokgweetsi Masisi het pas in Namibië aangekom en sal aandoen by die voormalige presidentsvrou Monica Geingos en ook ‘n hoflikheids besoek aflê by president Nangolo Mbumba. Intussen het Amerikanse president Joe Biden het by wêreldleiers aangesluit wat hulde bring aan president Hage Geingob. Die 82-jarige wat kankerbehandeling ontvang het, is Sondag oorlede. Biden sê Geingob was ʼn vreeslose leier, ʼn welsprekende kampvegter vir sy land en Afrika, en ʼn persoon wat opgestaan het vir sy waardes en oortuigings. Die Russiese president Vladimir Putin sê dis moeilik om Geingob se bydrae tot die ontwikkeling van vriendskaplike verhoudings tussen Namibië en Rusland te onderskat. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres het ook sy medelye uitgespreek en Geingob geloof as ‘n pionier van Afrika se groen-energie transformasie.