SA vroue-hokkiespan ly derde nederlaag in Birmingham

Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het nog ‘n nederlaag in Birmingham gely. Hulle het 1-4 teen Nieu-Seeland verloor in ‘n Groep B-wedstryd. Dit is Suid-Afrika se derde nederlaag in vier wedstryde op die Spele. Vanaand pak die mans-hokkiespan ook vir Nieu-Seeland met die hoop om te wen en deur te dring na die halfeindronde.