SA vorder met gryslys-aksies

Die Nasionale Tesourie sê Suid-Afrika vorder goed in sy pogings om van die Finansiële Aksietaakspan se gryslys af te kom. Noemenswaardige vordering is gemaak om aandag te skenk aan 20 tegniese voldoeningsuitdagings binne die teen-geldwassery-stelsel. Die onafhanklike tussenregeringsliggaam het onlangs 18 tekorte herbeoordeel en 15 opgradeer tot ‘n voldoende vlak. Suid-Afrika het tekortkomings wat verband hou met onwettige kontantvloei en terreurbefondsing aangepak, en volle of wesenlike voldoening bereik met 35 uit 40 sleutelaanbevelings wat die taakspan uiteengesit het. Die Tesourie sê dit toon ‘n prysenswaardige verbetering in sy finansiële regulatoriese raamwerk.