SA verwag daling in oes en uitvoer van tafeldruiwe  

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe-bedryf verwag uitvoer-volumes vir die 2022/23-seisoen sal met byna agt persent afneem. Daar word verwag dat algehele oessyfers ongeveer 15 persent laer sal wees as wat in die vorige seisoen aangeteken is. Die uitvoerende hoof, AJ Griesel, sê druiwe-produsente staan steeds voor enorme uitdagings te staan weens eindelose kragonderbrekings en die koste-prys-knyptang. Hy beklemtoon huidige prysvlakke kan nie volgehou word nie, ‘n siening wat deur ander produsente in lande in die Suidelike Halfronde bevestig word.