SA vervoerminister wil treindienste herstel

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê pogings sal in hierdie boekjaar verder verskerp word om tien van die land se belangrikste treindienste te herstel en weer in werking te kry. Hy sê as deel van die projek sal oorhoofse kabels, sein-infrastruktuur, en krag-substasies herstel en opgradeer word. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.