SA vervoerminister vra verskoning oor onbehoorlike opmerkings

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het die regering en die publiek om verskoning gevra vir sy onbehoorlike opmerkings toe hy gister kritiek, gebaseer op onkunde, tydens die bekendstelling van die Taxi-verligtingsfonds aangespreek het. Mabula sê sy opmerkings was onvanpas en moes nie in die openbaar geopper gewees het nie. Mbalula sê sy oortuiging dat sy stelling onbehoorlik was, is bevestig deur die wyse raad van Biskop Mpumlwana van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke.