Stad Windhoek gereed as die reën nie kom

Sentrale damme in Namibië is gesamentlik 58,6 persent vol in vergelyking met 61,7 persent die vorige seisoen. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die Von Bachdam nou 46,2 persent vol teenoor verlede jaar 77,9 persent. Suide-damme is gesamentlik voller teen 79,7 persent teenoor verlede jaar se 56,9 persent. Kosmos 94.1 Nuus het aan die woordvoerder van Stad Windhoek, Harold Akwenye, gevra wat beplan die stad as die reën nie kom nie.