SA vervoerminister: Vat korruptes in Prasa vas

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het die Padvervoer-agentskap opdrag gegee om teen korrupsie by die eenheid op te tree. Hy het gewaarsku die Prasa-direksie sal met doeltreffende gevolge-bestuur, beslissend teen wangedrag en korrupte bedrywighede optree. ʼn Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na onreëlmatige kontrakte by Prasa het 44 werknemers by oortredings betrek en volgens Mbalula moet die nodige stappe hieroor gedoen word. Tot dusver is 13 werknemers op verskillende fases van die dissiplinêre proses; ander is afgedank of het geskrewe waarskuwings ontvang.

https://iframe.iono.fm/e/1208256
https://iframe.iono.fm/e/1208256