SA vervaardig binnekort eie Covid-entstof

Suid-Afrika sal binnekort sy eie Covid-entstof vervaardig en verkoop. Dit volg nadat die Amerikaanse vervaardiger Johnson en Johnson ‘n intellektuele-eiendomslisensie aan Aspen SA toegestaan het om sy entstof onder die handelsnaam, Aspenovax, te vervaardig. Die entstof sal met behulp van ‘n Johnson en Johnson-komponent vervaardig word. Die ooreenkoms strek tot einde 2026, en kan versterker-spuite insluit, of entstof wat vir nuwe variante ontwikkel is.