Nederland erken Omikron daar geïdentifiseer voor SA aanmeld  

Nederland het erken twee toetsmonsters van Omikron is in die land identifiseer selfs voordat Suid-Afrika verlede week die nuwe  Covid-19-variant aangemeld het. Dit is nog nie seker of die twee gevalle vooraf enige kontak met Suider-Afrika gehad het nie. Daar is vroeër gedink die variant het die land binnegekom op twee vlugte wat die afgelope naweek uit Suid-Afrika geland het. Veertien van die 61 passassiers wat positief getoets het vir die koronavirus, is met Omikron besmet.