SA verleng inperkings met twee weke

Die ANC-regering het die uitgebreide vlak-vier-inperkingsmaatreëls met nog 14 dae tot die 25ste van dié maand verleng, terwyl Covid-gevalle steeds toeneem. President Cyril Ramaphosa het die land toegespreek en gesê alle sosiale, politieke, godsdienstige en ander byeenkomste bly verbode, terwyl die aandklokreël van 9-uur saans tot 4-uur soggens in plek bly. Die verkoop van alkohol word steeds nie toegelaat nie en skole sal tot die 26ste van hierdie maand gesluit bly. Volgens Ramaphosa mag sommige ondernemings wel heropen…