SA verbruikersprys-inflasie verlangsaam in Desember
Jaarlikse verbruikersprysinflasie in die buurland het in Desember 2022 verlangsaam tot 7,2 persent. Dit is laer as die 7,4 persent in November en die 7,6 persent in Oktober. Volgens Statistieke Suid-Afrika was die vernaamste bydraers voedsel en nie-alkoholiese drankies wat op ‘n jaar-tot-jaar-grondslag met 12,4 persent toegeneem het. Brood- en graanpryse was in Desember 20,3 persent hoër as ‘n jaar tevore. Die prys van olies en vette het op ‘n jaargrondslag met 22 persent gestyg. Vleispryse het in 2022 met 10 persent gestyg, terwyl groente met 12 persent toegeneem het.