SA verbied verskeie plaagdoders, Roundup ingesluit

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement sê talle plaagdoders wat kanker en genetiese mutasies veroorsaak en voortplantingsgesondheid raak, sal van 1 Junie 2024 uitfaseer word. Dit sluit produkte soos Roundup, Dursban en Paraquat in wat reeds sedert 2007 in die Europese Unie verbied word. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle voer gesprekke met rolspelers in die plaagbeheerbedryf om op te hou om dié chemikalieë te vervaardig: