Gemeenskappe weier malaria-besproeiing

Die reënseisoen is op pad en daarmee, malaria ook. Volgens die jongste syfers was daar reeds vanjaar 10 800 gevalle met 30 sterftes in Namibië bevestig. Meeste van die gevalle is in die verre Noorde met Zambezi wat die meerderheid gevalle, of 62 persent aangeteken het. Ohangwena het 10 persent met die twee Kavango-streke wat saam 14 persent bevestig het. Een van die grootste uitdagings is die weiering van gemeenskappe dat besproeiing, veral binnenshuis, plaasvind. Die land gebruik steeds DDT wat uiters toksies is. Die dekking verlede jaar was 23 persent van hoë-risiko gebiede besproei terwyl dit nader aan 85 persent moet wees.