SA vakbonde sê jeug moet veg teen neoliberale kapitalisme

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde onthou die militante jeug van die 1970’s se stryd om vryheid en demokrasie. Veertig uit elke 100 jongmense verlaat die basiese onderwysstelsel weens ‘n gebrek aan hulpbronne. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle eer die jeug van 1976 en moedig vandag se jeug aan om aan te sluit by die stryd teen neoliberale kapitalisme wat te min aan onderwys bestee.