SA universiteite maak TB-entstof deurbraak
Die Noordwes- en Walter Sisulu-universiteite het die uitslae bekendgemaak van hulle voor-kliniese proefnemings op ‘n deurbraak kombinasie-DNS-inenting teen tuberkulose. Suid-Afrika maak staat op die BCG-TB-entstof, wat aan pasgebore babas gegee word. Die nuwe DNS-gebaseerde entmiddel is egter ontwerp om ‘n teenliggaam-reaksie teen tuberkulose uit te lok, wat ‘n meer doeltreffende bestryding van die siekte is. Die goedkeuring van die entmiddel beteken diegene wat TB onder lede het, sal nie meer ses maande se behandeling nodig hê nie.