SA: Tweede fase van inentingsprogram vir bejaardes

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het die tweede fase van die regering se inentingsprogram by die Munsieville-sentrum vir bejaardes in die weste van Johannesburg afgeskop. Duisende senior burgers, 60 jaar en ouer, ontvang sedert vroeg vanoggend regoor die land hul inspuitings. Mkhize sê hoewel daar hier en daar ‘n paar klein haakplekke mag wees, is Gauteng goed op dreef. Hy sê hulle sal meer persele beskikbaar stel namate die week vorder.