SA terug op vlak 2

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het verdere beperkings bekendgemaak noudat die Covid-19 infeksies in die buurland weer toeneem. Die buurland beweeg vanoggend terug na vlak twee van die staat van inperking. Die aandklokreël word van van middernag na 23:00 vervroeg en duur steeds tot 4:00 soggens. Nog beperkings onder die aangepaste vlak 2: Restaurante moet om 22:00 sluit, alle saamtrekke word tot 100 mense binnenshuis en 250 buite beperk, en net 100 mense mag begrafnisse bywoon. Die dra van maskers bly verpligtend. Geen perk word op reise tussen provinsies in die buurland geplaas nie.