Wasserfall-moordverhoor vandag in Walvisbaai-hof

Die twee verdagtes in die Wasserfall-moordverhoor is vandag terug in die hof op Walvisbaai. Junior Mulundu en Azaan Madisia, word aangekla van die moord op Shannon Wasserfall. Madisia en haar jonger broer Steven Mulundu is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Die saak het opslae gemaak en gelei tot verskeie protesaksies, aan die kus sowel as in die hoofstad. Die saak is tot vandag uitgestel sodat die polisie uitstaande forensiese ondersoeke kon finaliseer. Hulle is steeds in aanhouding