SA taxibedryf eis ingryping oor hoë brandstofpryse

Die taxibedryf in Suid-Afrika eis die staat se ingryping om die hoë brandstofpryse hok te slaan. Woedende operateurs sê die onlangse verhogings het ‘n tol op die sektor geëis. Hulle dreig nou om die land tot stilstand te dwing omdat hulle sê hulle het geen reaksie ontvang op ‘n brief wat hulle vier weke gelede aan die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, geskryf het nie. Die Nasionale Taxi-alliansie se woordvoerder, Theo Malele, sê die pryse raak die pendelaars ook.