SA tabakvervaardiger gaan 200 poste sny

Suid-Afrika se grootste tabakvervaardiger, British American Tobacco, sê hy sal ‘n verdere 200 poste by sy plaaslike bedrywighede moet sny omdat sigaretverkope tot 40 persent gedaal het sedert die begin van die pandemie. Die onderneming het aangevoer dat ‘n verbod op die verkoop van sigarette tydens die inperking gelei het tot ‘n oplewing in verkope van onwettige sigarette van tot 70 persent van die algehele sigaretmark. Die vervaardiger het meer as 30 persent van sy arbeidsmag afgelê, wat gelykstaande is aan ongeveer 500 poste.