SA suikermeulens wys 135 000 ton beskadigde suikerriet weg

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Suikerrietkwekers vra finansiële verligting by die regering omdat kwekers deur die onlangse onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal geraak word. Die vereniging se voorsitter, Andrew Russel, sê suikermeulens in KwaZulu-Natal het meer as 135 000 ton beskadigde suikerriet ter waarde van meer as 85 miljoen rand weggewys. Russel sê die vereniging se versoek om hulp sal die bedryf weer op dreef kry.