SA-studente moenie hulpfonds bedrieg nie

Die buurland se minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het ‘n streng waarskuwing gerig aan studente wat probeer om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente te bedrieg. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die opening van aansoeke vir die 2024 akademiese jaar. Nzimande sê verskeie studente wat nie finansieringsbystand benodig om verder te studeer nie, het fondse misbruik en uitgeput wat die armes moes bevoordeel. Hy sê daar sal swaar gevolge wees vir diegene wat aanhou om dit te doen: