Outa: Skaf e-tolstelsel af

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê die afskaffing van die omstrede e-tolstelsel op die Gautengse snelwegverbeteringsprojek is die goedkoopste opsie. Dit volg na berigte dat die kabinet besluit het om die e-tolskema te skrap en dat die minister van finansies dit tydens sy begroting in Februarie sal aankondig. Outa se hoof, Wayne Duvenage, sê die regering moet minder praat en sy besluit finaliseer deur die stelsel af te skaf.