SA stel plan vir sekswerkers bekend

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad stel môre die nuwe nasionale plan vir sekswerkers oor MIV, TB en seksueel oordraagbare siektes bekend. Dit word in samewerking met die nasionale sekswerkersektor, die regering en ontwikkelingsvennote gedoen. Die Vigsraad sê hulle gaan voort om steun te werf om sekswerk te dekriminaliseer, aangesien dit baie uitdagings inhou vir intervensies wat vir sekswerkers ontwerp is. Hy voel die kriminalisering van die bedryf is onteenseglik gekoppel aan voortdurende menseregteskendings en onvoldoende toegang tot gesondheids-, maatskaplike en regsdienste.