SA stel maatreëls in om Afrika-pikkewyn te beskerm
Die Suid-Afrikaanse minister van die omgewing, Barbara Creecy, sê maatreëls wat op wetenskaplike bevindings baseer is word nou ingestel om die bedreigde Afrika-pikkewyn te beskerm. Creecy het gepraat op ‘n voorligtingsessie oor die kennerspaneel se verslag oor sluiting van visserye en beperkings rondom belangrike pikkewynkolonies. Die minister sê as pikkewyne nie beter beskerm word nie, kan die geliefde voëls, teen die huidige afname in die bevolking, teen 2035 funksioneel uitsterf: