SA staatsdienste word minder gebruik

Statistiek Suid-Afrika se opname oor toegang tot staatsdienste het ‘n afname in die gebruik van regeringsdienste aangeteken in die huidige boekjaar, vergeleke met die 2019/2020-boekjaar. Die hoofdirekteur van maatskaplike statistiek, Solly Molayi, sê dit word toegeskryf aan kommer oor korrupsie, wanadministrasie en ‘n gebrek aan vertroue. Die opname lig ‘n afname van 5,9 persentasiepunte uit in die gebruik van openbare vervoerdienste, wat van 43,4 persent tot 37,5 persent gedaal het. Ander instellings, insluitend openbare klinieke, die polisie, openbare hospitale, Binnelandse Sake en openbare skole, is ook geraak.