SA staatsdiens glo gereed vir groot staking 

Die departement van die staatsdiens en administrasie in die buurland sê gebeurlikheidsplanne is getref om van môre af die uitwerking van die staking van die Vereniging van Staatsamptenare teen te werk. Duisende werkers sal na verwagting die strate invaar oor die salarisgeskil. Die VSA het onderneem om die land tot stilstand te bring oor die regering se weiering om hulle salarisse met meer as 3 persent te verhoog. Werkers eis ‘n verhoging van 6,5 persent. Die woordvoerder van die departement, Moses Mushi, sê die regering sal toesien dat die staking nie ontwrigting veroorsaak nie.