SA staak eers spuite met J&J

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die besluit om die gebruik van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof voorlopig op te skort, is nie ligtelik geneem nie. Dit volg na ‘n aanbeveling deur die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie om die inentingsprogram in die VSA tydelik te staak, na 6 uiters seldsame bloedklontgevalle. Mkhize sê daar is nie ‘n enkele geval in Suid-Afrika waar bloedklonte met die entstof verbind word nie:

Intussen sê Mkhize die regering verwag nie dat hierdie besluit die land se algehele inentingsprogram beduidend sal beïnvloed nie: