SA spreek Geregshof toe, stel sy saak so

Die eerste dag van die openbare verhoor van Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel by die Internasionale Geregshof in Den Haag is tans aan die gang. Pretoria het die saak by die strafhof, die Verenigde Nasies se hoogste hof, aanhangig gemaak en Israel daarvan beskuldig dat hy sy verpligtinge ingevolge die Volksmoordkonvensie, wat verband hou met sy optrede in Gaza, oortree. Dr. Adila Hassam het Suid-Afrika se saak so uiteengesit.