GRN se digitalisering onder die loep

Die kommunikasie tegnologie-ministerie is besig om die land se Nasionale Digitale Strategie en sy Implementering Aksieplan te ontwikkel. Die doel is om digitale tegnologieë effektief te gebruik om ekonomiese ontwikkeling te stimuleer, die kwaliteit van openbare dienste te verbeter en inklusiwiteit in die digitale era te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Shoki Kandjimi, die ministerie se woordvoerder, gepraat oor die belangrikheid van die Nasionale Digitale Strategie en die Implementeringsplan.