SA skop Lesotho-diplomate uit oor drankhandel

Talle diplomate van Lesotho staar tugstappe in die gesig nadat hulle uit Suid-Afrika geskop is weens die beweerde handel in belastingvrye alkohol. Die Lesotho-regering het ‘n verklaring uitgereik wat bevestig dat die diplomate persona non grata verklaar is en 72 uur het om Suid-Afrika te verlaat. Lesotho sê hy is teleurgesteld en verleë oor die diplomate se optrede wat die Suid-Afrikaanse regering gedwing het om op te tree nadat die land se wette oortree is.