SA-sjef kry Dame-titel

Die Suid-Afrikaans-gebore Bake Off-beoordelaar, Prue Leith, gaan die eretitel van Dame by koningin Elizabeth die Tweede ontvang. Dít volg na die bekendmaking van die koningin se verjaardag-erelys. Die 81-jarige televisie-kok en aanbieder het ‘n geliefde figuur in die Verenigde Koninkryk geword sedert sy in die 1960’s haar hoogs suksesvolle loopbaan in die kosbedryf van stapel gestuur het. Sy het ‘n nasionale bate geword toe sy haar dienste aan die regering gebied het oor hoe om hospitaalkos gesonder te maak.